26 Mei – St. Filip Neri

Hy word gedwing om Damiëtta as losgeld op te offer vir sy vrylating waarna hy en sy manskappe na Sirië vertrek om die kruisvaardervestings aldaar te verstewig. Hy keer terug na Frankryk in 1254 waarna hy ‘n vredesbeleid teenoor sy buurstate volg. Op die 1ste Julie 1270 vertrek hy op ‘n verdere kruistog, maar hy sterf van buikloop by sy aankoms in Tunis.

Advertisements

30 Januarie – Salige Sebastiaan Valfrè

Ná vier maande se beleg is Turyn uiteindelik deur die hertog van Savoje ontset, dit was egter Sebastiaan wat as die held van die beleg beskou is.

1 Januarie – Maria, Moeder van God

Die oorsprong van hierdie plegtigheid gaan terug na die vyfde eeu toe dit op die Sondag voor Kersfees geval het. Selfs voordat pous Sergius vier Maria-feeste (die Geboorte van Maria, die Aankondiging, die Reiniging en die Hemelopneming) in die sewende eeu ingevoer het, was die oktaafdag van Kersfees (d.w.s. die agste dag ná Kersfees) aan die Moederskap van Maria gewy.

10 Oktober – St. Daniel Comboni

Hierin word sy eindelose vertroue in sy Heiland, sowel as sy vertroue in die menslike en geestelike vermoëns van die volkere van Afrika opgesom in sy leuse: 'Red Afrika deur Afrika!'. Om dié sendingplan uit te voer stig hy in 1867 die Sending Instituut wat mettertyd as die Comboni Sendelinge bekend sou staan.

9 Oktober – Salige John Henry Kardinaal Newman

Tydens hierdie ervaring het hy ook tot die slotsom gekom dat hy sy lewe sy selibaat moes lei. Dit was op hierdie vroeë tydstip in sy lewe dat Newman se intellektuele fondasie en sterk morele oortuigings gelê is. Ten spyte van hul geldelike probleme word Newman tog na Oxford universiteit gestuur.

9 Oktober – Salige John Henry Kardinaal Newman

HERDENKING Word as FEES deur die Kongregasies van die Oratorium van St. Filip Neri gevier. John Henry Newman is op 21 Februarie 1801 gebore. Sy vader was ʼn onsuksesvolle Londense bankier en sy moeder die dogter van Franse Protestante. Hy was die oudste van ses kinders. Newman is as Anglikaan grootgemaak. Hy ontvang sy skoolopleiding aan ʼn privaat kosskool in Ealing. Sy vader se bankonderneming gaan in 1816 ten gronde – hierdie het die familie in ʼn baie moeilike finansiële situasie geplaas. Tydens hierdie beproewing ondergaan die jong Newman ʼn diepgaande bekering. Dit het begin met ʼn geestelike krisis wat oorgegaan het tot ʼn diepe besef van die aanwesigheid van God in sy lewe en in die wêreld. Tydens hierdie ervaring het hy ook tot die slotsom gekom dat hy sy lewe sy selibaat moes lei. Dit was op hierdie vroeë tydstip in sy lewe dat Newman se intellektuele fondasie en sterk morele oortuigings gelê is. Ten spyte van hul geldelike probleme word Newman tog na Oxford universiteit gestuur. Hy studeer m.b.v. 'n studiebeurs en lê sy finale eksamens by Oriel kollege af. Hy word op 12 April 1822 tot ʼn ‘fellow’ van Oriel verkies. Op 29 Mei 1825 word hy tot priester in die Anglikaanse kerk gewy. Newman word aangestel in die bediening van die universiteitskerk, St. Mary’s. Hy doseer ook by Oriel en begin gou vir homself naam maak as ʼn briljante intellektueel. Newman het die lewe as Anglikaan begin en met al die vooroordele groot geword wat daar destyds in Engeland teenoor die Katolieke Kerk bestaan het. Sy ontdekking van die Kerkvaders en die geskiedenis van die vroeë Kerk sou hom gaandeweg laat besef dat die Oerkerk en die Katolieke Kerk van sy tyd een en dieselfde Kerk is. Hierdie was nie ʼn maklike pad om te loop nie. Sy prestige as prediker by St. Mary’s (waar die toeloop na sy preke so groot was dat sitplek nie bekom kon word nie) en as vooraanstaande Anglikaanse geestelike en een van die leiers van die sogenoemde Oxford-beweging binne die Anglikaanse kerk het hom in ʼn baie verantwoordelike en moeilike situasie geplaas. Baie mense het bekommerd geraak oor Newman se toenemende Katolieke gesindheid en hy het onder fel kritiek deurgeloop. Nadat hy probeer het om die 39 artikels van die Kerk van Engeland op ʼn Katolieke wyse te interpreteer is hy deur die universiteit owerhede, sowel as al 24 Anglikaanse biskoppe onder sensuur geplaas. Hy bedank uit sy ampte en vestig hom in 1841 te Littlemore. Hier skryf hy sy beroemde Essay on the Development of Christian Doctrine en kom hy tot die gevolgtrekking dat hy nie langer sy bekering tot die Katolieke geloof kon uitstel nie. Op 9 Oktober 1845 is hy en ʼn paar van sy metgeselle, wat hom na Littlemore gevolg het, in die Katolieke Kerk opgeneem. Die bekering van so ʼn gevierde Anglikaanse kerkman tot die gehate Kerk van Rome het tot groot onmin en diskoers in die intellektuele kringe van Engeland gelei en baie deure sou van af toe wees vir Newman. In September 1846 is Newman en Ambrose St. John na Rome waar hulle hul opleiding om Katolieke priesters te word aan die Propaganda Kollege begin het. Op Drie-Eenheidsondag in die jaar 1847 is Newman tot Katolieke priester gewy. Voordat hy teruggekeer het na Engeland is Newman na die Oratorium van St. Filip Neri waar hy blootstelling aan die lewe en reël van die Oratoriane gehad het. Terug in Engeland stig Newman die eerste Kongregasie van die Oratorium van St. Filip Neri in die Britse eilande in 1848 in Birmingham. Die herstel van die Katolieke hiërargie in Engeland in 1850 (na byna 400 jaar se onderdrukking) het groot teenreaksie uit Protestantse geledere ontlok. Newman en die Oratoriane was in die spervuur hiervan. As bekeerling en intellektueel is Newman ook deur sekere groepe binne die Katolieke Kerk gewantrou. Beproewinge sou die norm tydens die res van Newman se lewe bly. Sy briljante skryfvermoë het hy diens van die Kerk gestel. Sy eie bekeringsproses het hy op diepsinnige wyse te boek gestel in sy Apologia pro vita sua. As een van die leidende figure binne die Engelse Katolieke Kerk was hy by soveel dinge betrokke. Onder andere was hy gemoeid met die oprigting van ʼn Katolieke universiteit in Dublin, Ierland (sy ideë oor opvoeding het in ʼn reeks lesings gestalte gekry wat later as The Idea of a University gepubliseer is). Hy was ook vir wyle redakteur van die Katolieke kwartaalblad The Rambler. Sy idees oor die verhouding tussen geloof en rede is geboekstaaf in die briljante The Grammar of Assent (1870). Ondertussen was daar struweling binne sy eie Oratoriaanse gemeenskap wat uiteindelik sou lei tot die stigting van ʼn nuwe Oratorium in Londen onder leiding van Vr. Faber. Newman se persoonlike opinie oor die onfeilbaarheid verklaring van die pous by die Eerste Vatikaanse Konsilie het hom onder verdenking geplaas by talle lede van die Katolieke hiërargie. Tog sou Newman uiteindelik die erkenning verkry wat hy verdien het. Op die ouderdom 78 jaar en in swak gesondheid onderneem Newman die lang reis na Rome waar hy deur die nuwe pous, Leo XIII, tot kardinaal gemaak is. Die vorige jaar het sy ou kollege by Oxford hom ‘n ‘honorary fellow’ gemaak. As kardinaal het hy sy laaste besoek aan sy geliefde Oxford afgelê en in die St. Aloïsiuskerk gepreek (meer as ʼn honderd jaar daarna sou sy droom om ʼn Oratorium in Oxford te stig bewaarheid word toe dié einste kerk die nuwe Oratoriumkerk van Oxford word). Hy vier sy laaste Heilige Mis op Kersdag 1889. Hy sterf op 21 Augustus 1890. John Henry Newman staan uit as ʼn intellektuele reus en diepe geloofsmens – sy invloed op die moderne Katolieke Kerk kan nie onderskat word nie. Hy word ook as ʼn meester van die Engelse taal beskou ...

9 Oktober – St. Denys (Denis)

Sint Denys was die eerste biskop van Lutetia, die latere Parys. Saam met 'n priester genaamd Rusticus en 'n diaken met die naam Eleutherius het St. Denys groot sukses behaal deur die Blye Boodskap van Jesus Christus te verkondig.