Omtrent die Oratorium in Oudtshoorn

‘n Kerkwetlik opgerigte Kongregasie van Pouslike Reg, is ons die eerste Kongregasie van die Oratorium ooit op die Afrika kontinent en die eerste ooit in Suid-Afrika.

Advertisements

St. Filip Neri (1515 – 1595)

Die Blye Heilige, ook bekend as die Tweede Apostel van Rome

As daar nou een heilige is wat uitstaan as die Heilige van Humor, dan is dit onteenseglik, St. Filip Neri. Sy vreugdevolle persoonlikheid en opgeruimde ingesteldheid teenoor die lewe het (op die wyse van ʼn regte goeie grap – iets waarvoor hy ook baie lief was) soos ʼn veldbrand deur die Rome van sy tyd getrek. Derduisende mense se lewens is deur hom aangeraak en sy vrolike geaardheid het waarskynlik meer mense tot bekering gebring as al die (dikwels hoogdrawende) preke van sy tyd. St. Filip het bowenal mense tot ʼn diepe besef gebring dat God vir ons omgee, dat God ons hartstogtelik liefhet en ons werklik gelukkig wil sien. St. Filip se merkwaardige apostolaat was geheel en al op persoonlike kontak met mense gebou. By hom was daar nooit ʼn geprekery en geskreeu op die straathoeke nie – altyd egter opgeruimdheid en baiekeer ʼn speelse grapperigheid wat mense na hom toe aangetrek het. Hy het daarvan gehou om gewoon op straat te staan en met mense te gesels; dikwels het hy totale vreemdelinge gegroet met die woorde: “Wel my broers, wanneer gaan ons begin om goeie dinge te doen?”

Lees meer “St. Filip Neri (1515 – 1595)”

Wat is ‘n Oratorium

Soos enige persoon met selfs ‘n beperkte kennis van Latyn sal kan aflei, hou die woord ‘oratorium’ duidelik verband met gebed; die Latynse woord ‘orare’ beteken dan bloot ‘om te bid’. Dus is ‘n ‘oratorium’ ‘n plek waar daar gebid word, in welke geval elke kerk of kapel of vertrek waar gebed plaasvind, by regte ‘n ‘oratorium’ genoem kan word. Tog sal die menigte Afrikaanse mense wat Londen al besoek het, bewus wees dat daar ‘n baie groot en beroemde kerk digby die Victoria en Albert Museum is, wat bekend staan as die Brompton Oratory oftewel Brompton Oratorium. Ons het hier dus duidelik met ‘n eienaam te make en wel met ‘n naam wat vir vierhonderd jaar al ‘n amptelike en byna gespesialiseerde tipe plek, of gebou, of groep mense aandui. Lees meer “Wat is ‘n Oratorium”

Wat is nuut?

Die mees onlangse nuus en inligting wat op ons webtuiste geplaas is.

26 Mei – St. Filip Neri

Hy word gedwing om Damiëtta as losgeld op te offer vir sy vrylating waarna hy en sy manskappe na Sirië vertrek om die kruisvaardervestings aldaar te verstewig. Hy keer terug na Frankryk in 1254 waarna hy ‘n vredesbeleid teenoor sy buurstate volg. Op die 1ste Julie 1270 vertrek hy op ‘n verdere kruistog, maar hy sterf van buikloop by sy aankoms in Tunis.

Die Oratorium Uitgewery

Die Oratorium Uitgewery™ dra daartoe by dat die mense se lewe verryk word deur die vele geestelike, liturgiese, opvoedkundige en pastorale publiskasies wat van tyd tot tyd uitgegee word. Deur ons publikasies streef ons voortdurend daarna om die volheid en rykdom van die Katolieke geloof uit te dra.

Die Oratorium Uitgewery publiseer verskeie publikasies waarin die geloof, leerstellings en die lewe van die Katolieke Kerk in Afrikaans verwoord word. Dié publikasies is gebasseer op die Heilige Skrif, die dokumente van die Tweede Vatikaanse Konsilie en die Universele Kategismus van die Katolieke Kerk. Die boeke en boekies bevat getroue Katolieke leerstelings; spreek lewenskwessies en -waarhede aan wat op die daaglikse lewe van toepassing en van belang is.